LEES OOK: Springbok-ondersteuners dood toe hulle petrol gaan soek
Opruimoperasies en verdere skade-assesserings is aan die gang in die Silver Town- informele nedersetting in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte nadat ‘n brand sowat 200 plakkershutte vernietig het.
Minstens een persoon is dood en honderde is haweloos gelaat.
‘n Woordvoerder van die hulporganisasie Gift of the Givers, Ali Sablay, sê hulle is besig met noodlenigingspogings. Sablay sê: “Gift of the Givers-spanne is sedert gisteraand op die terrein. Ons sal die gemeenskap vir die volgende paar dae bystaan met warm etes, komberse, matrasse en items vir persoonlike higiëne. Ons spanne is tans op die grond met die ramprisikobestuurspanne en amptenare van Sassa om die slagoffers te registreer om die presiese getal slagoffers wat geraak word te bepaal. Ons spanne sal vir die volgende paar dae op die grond wees om die gemeenskap by te staan,” het Sablay bygevoeg.
#Khayelitsha #Brand #Afrikaans #Nuus



