Springbok-ondersteuners dood toe hulle petrol gaan soek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Drie mans is dood, een beseer en nog een is ongedeerd toe hulle Saterdagaand in ‘n koeëlreën op die R702-pad in Dinaweng ingery het. Die vriende het glo die Springbok-rugbywedstryd gekyk toe hul kragopwekker leeg raak en hulle in ‘n groen Ford Ka gespring het om te gaan brandstof soek om die wedstryd klaar te kyk.

Lt.kol. Thabo Covane sê Kagisanong-polisie het omstreeks 22:30 ‘n klagte van moord en poging tot moord opgevolg. Nooddienste wat ontbied is, het die drie mans op die toneel dood verklaar.

Volgens rapportering het die vyf mans die R702 genader toe daar skielik op hul geskiet word. Die aanvallers het daarna in die donker verdwyn.

Drie van die mans is noodlottig gewond, terwyl ‘n vierde een slegs gewond is en die vyfde een glad nie raakgeskiet is nie.

Polisiedeskundiges het 10 afgevuurde doppe op die toneel gevind en as bewysstukke in die saak ingedien. Sake van moord en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand wat oor inligting in die moordsaak wat deur Kagisanong-polisie ondersoek word beskik, kan kol. Msokoli Bolsiek by 082 466 8530 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel