LEES OOK: Universiteite Suid-Afrika verwelkom skrapping van eZaga-betalingstelsel
Andile Nongogo, uitvoerende hoof van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), is afgedank te midde van ‘n betalingskandaal van R47 miljard.
NSFAS-amptenare het Dinsdag aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Scopa) gesê Nongogo is afgedank. Die raadsvoorsitter, Ernest Khoza, het aan Scopa gesê die besluit is laat Maandagaand geneem. “Net gisteraand het die direksie ‘n besluit geneem om die uitvoerende hoof van NSFAS af te dank,” het Khoza gesê.
NSFAS het verlede week onthul dat ‘n ondersoek deur die regsfirma Werkmans Prokureurs en adv. Tembeka Ngcukaitobi bevind het dat die geskorste Nongogo, onder ‘n rits “onreëlmatighede”, vier firmas uitgesoek het om aan sowat 1,1 miljoen studente hul R1 650 maandelikse toelaes direk te betaal en nie deur middel van tersiêre instellings nie
Universiteite Suid-Afrika, ‘n sambreelliggaam wat openbare universiteite verteenwoordig, het Sondag die stap verwelkom om die omstrede regstreekse betalingstelsel eZaga te skrap.
#NSFAS #Bedanking #Studente #Afrikaans #Nuus



