LEES OOK: Die Springbokke is byna R3 biljoen werd
KAAPSTAD. – Met die Springbokke en All Blacks wat elkeen drie Wêreldbeker-titels het, beloof hierdie Saterdag se eindstryd om ‘n kolossale stryd te wees tussen twee van rugby se grootste rugby-mededingers wat elkeen op soek is na ‘n rekord vierde wêreldtitel.
Die Stad Kaapstad het aangekondig dat ondersteunersparke (fan parks) aangebied sal word vir rugbyaanhangers om die eindstryd te geniet.
Volgens die Stad sal die ondersteunersparke vanaf 17:00 toeganklik wees. Verdere besonderhede oor die parke sal nader aan Saterdag deur die Stad Kaapstad verskaf word.
Breëstraat in die middestad, die Langa-sportsaal en die Portlands-burgersentrum in Mitchells Plein sal omskep word in ondersteunersparke. Ondersteuners sal ‘n grootskerm en dienste van ‘n platejoggie (DJ) gratis kan geniet om die wedstryd te kyk en sal ook by verskeie punte kos kan koop.
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, sê: “Dit gaan groot, groot pret wees. Ons het hierdie groot ondersteunersparke uitgesorteer. Ek weet dat baie mense daarvoor gevra het. Ons sou natuurlik daarvan gehou het om een massiewe een te hê, maar daar is Saterdag ‘n groot konsertgeleentheid by die stadion. Hulle sal ook die wedstryd by die konsert vertoon, so dit sal ‘n soort van ‘n betaalde ondersteunerspark wees en nie ‘n gratis een nie, maar hierdie drie sal ongelooflike pret wees en ek nooi regtig almal.”
#Springbokke #Kaapstad #RWCFinal #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: Cape Town Etc; EWN.



