LEES OOK: Verbruikers gewaarsku teen ‘laybuy’
Die aftelling na die 2023-matriekeksamen het amptelik begin. Die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat begin op Maandag 30 Oktober met praktiese eksamens wat reeds hierdie week begin het. Meer as 720 000 kandidate is geregistreer om die graad 12-eksamen af te lê, het die departement van basiese onderwys Sondag gesê.
Minister Angie Motshekga het tydens ‘n media-inligtingsessie aangekondig die departement is gereed om met die 2023-matriekeksamen te begin.
“Vanjaar het ons meer as 720 000 kandidate wat vir die eindeksamen in 6 800 sentrums geregistreer is. Die eksamen begin op 30 Oktober en eindig op 5 Desember,” het sy gesê. Die minister het ouers en voogde versoek om die kandidate te ondersteun wat hul eindeksamen gaan skryf. “As ’n sektor het ons ons bes gedoen om die stelsel voor te berei. Ons moet nou saamwerk om te verseker dat ons leerders ewe voorbereid en gereed is vir die eksamen,” het sy gesê.
Motshekga het ook die publiek verseker dat die departement die nodige maatreëls getref het om te verseker geen vraestelle sal uitgelek word nie.
Sy het ook gesê die departement sal in kontak bly met die minister van elektrisiteit om te verseker dat skole nie deur beurtkrag geraak word tydens die eksamen nie.
#MatriekEksamens #MatricExams #NSC #IEB #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: SowetanLive; TimesLive; SABC Nuus.



