“Danya” is deur Denise Smith van Cotton Lily, in Mobombela (Nelspruit) opgespoor en sy het haar rokkie gekry.
Sy sê op 4 Junie in ‘n Facebook-plasing: “Ons het die dogtertjie gekry, hierdie is klein Danya, sy het uiteindelik haar spesiale rokkie ontvang en sy was baie gelukkig! Dankie vir Mamma en Pappa en Ouma dat jul haar vandag gebring het, haar glimlaggie was so spesiaal!”
Smith het op 20 Mei 2023 ‘n plasing op Cotton Lily se Facebook-blad gemaak om te sê dat hulle op soek is na ‘n meisie wat in Witrivier by die Casterbridge-mark die rokkie by hulle wou koop. Sy en haar pa het egter eers ‘n draai deur die mark gestap, maar met hul terugkeer om die kopie te maak, was Cotton Lily reeds weg. Cotton Lily wou graag die rokkie aan die meisie, wat in trane was, skenk.
FiND iT het op 24 Mei ‘n berig geplaas in ‘n poging om die meisie te probeer opspoor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



