Denise Smith, eienaar van Cotton Lily, is opsoek na ‘n dogtertjie om vir haar die rokkie wat sy baie graag wou gehad het, te gee.
Smith vertel aan FiND iT dat Cotton Lily op 7 Mei by die Casterbridge-mark in Witriver was toe ‘n dogtertjie en haar pappa na die spesifieke rokkie gekyk het.
“Die dogtertjie wou graag die rokkie gehad het, maar haar pappa het gesê sy moet eers deur die hele mark loop om te kyk of daar nie iets ander is wat sy graag sal wil hê nie.”
Na ongeveer twee ure het die dogtertjie en haar pappa nie weer terugekom en Smith het aangeneem dat hulle intussen iets ander gekry het.
Die volgende naweek, by die Laeveld-lugskou in Nelspruit, het ‘n vrou wat ‘n stalletjie langs Smith gehad het, aan haar vertel dat die dogtertjie en haar pappa net na sy weg is teruggekom het en dat hulle graag die rokkie wou koop.
Die dogtertjie was in trane.
Smith wil haar graag opspoor om die rokkie vir haar te gee.
Die dogtertjie is ongeveer ses jaar oud, lank soos haar pappa en het bruin hare.
Indien jy die dogterjie is, stuur ‘n foto van jou en jou pappa na 060 941 1013.




