Publiek gewaarsku om vuurwapens van oorlede-familielede in te handig of vervolg te word

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is Dinsdag 23 Mei 2023 omstreeks 07:30 op drie vuurwapens by ‘n woning in Tubatse-polisiëringsgebied in die Sekhukhune-distrik in Limpopo, beslag gelê.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie het inligting ontvang oor die vuurwapens wat nie na die afsterwe van die gelisensieërde eienaar deur sy vrou (45) ingehandig, of verklaar is nie.

Polisie is na die perseel en het die verdagte vrou en haar suster teenwoordig gevind. Daar is ingestem dat die huis deursoek word.

Tydens die deursoeking het die polisie ‘n kluis ontdek wat oopgemaak is. Twee jaggewere met onderskeidelik 316 en 16 rondtes ammunisie en ‘n handwapen met drie magasyne is gevind.

Die vrou sal vir die onwettige besit van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie aangekla word.

Sy sal binnekort in die Praktseer-landdroshof verskyn terwyl die polisieondersoek voortduur.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het gewaarsku teen die erfenis en onwettige eienaarskap van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie deur familielede na die dood van ‘n wettige eienaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.