Saak uitgestel van man wat glo pornografiese beelde skep van Ramaphosa en Cele

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte wat pornografiese beelde met gesigte van Ramaphosa en Cele maak in hegtenis

‘n KwaZulu-Natalse man het Dinsdag in die landdroshof in Pretoria verskyn na hy glo pornografiese beelde met die gesigte van president Cyril Ramaphosa, polisieminister Bheki Cele en sy vrou bo-oor dit geplaas het.

Thabiso Scebi Nene (34) is Sondag deur die Valke in hegtenis geneem na die beelde aan die begin van Mei op sosiale media versprei is en aan die polisie gestuur is.

Nene is is Azalea, Pietermaritzburg, in hegtenis geneem vir die oortreding van die Cybercrimes Act 19 van 2020.

Sy regspan het aan die hof gesê hulle het aan Nene verduidelik wat die straf vir die misdryf is, en dat hy geen vorige misdrywe gepleeg het nie.

Hulle het gevra om die saak terug te skuif na die Pietermaritzburg-landdroshof vir sy volgende verskyning.

Die hof het ingestem en die saak is tot 30 Mei uitgestel.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, SowetanLIVE

Lees ook: Verdagte wat pornografiese beelde met gesigte van Ramaphosa en Cele maak in hegtenis