Kind steek glo skoolslaapsaal aan brand oor gekonfiskeerde selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 20 kinders dood in brand in skoolslaapsaal

Die polisie het Dinsdag bevestig die brand in ’n skoolslaapsaal in Guyana wat die dood van 19 kinders veroorsaak het, is glo begin deur ’n kind wie se foon gekonfiskeer is.

Die kind het die slaapsaal aan die brand gesteek, want haar selfoon is deur die “slaapsaal ma” en juffrou weggevat.

Daar was 57 kinders in die saal toe dit aan die brand slaan. 19 kinders is oorlede en minstens 30 is in die hospitaal opgeneem.

Die kind het erken sy het die saal aan die brand gesteek en sy is onder polisiebewaking in die hospitaal in Mahdia. Hulle besluit nog of hulle haar kan aankla.

Bronne: DW – South Africa, ECR, The Telegraph

Lees ook: Minstens 20 kinders dood in brand in skoolslaapsaal