Egipte verban Nederlandse argeoloë oor uitstallings van Beyoncé en Rihanna as Nefertiti

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Egiptiese prokureur dagvaar Netflix oor swart vrou as Cleopatra

‘n Nederlandse museum se argeoloë is verbied om opgrawings by ‘n belangrike Egiptiese terrein uit te voer oor ‘n uitstalling wat die invloed van antieke Egipte op swart kunstenaars uitbeeld.

Die museum het gesê hulle is meegedeel dat hulle nie meer toegelaat gaan word om opgrawings by die Saqqara-dodestad naby Kaïro uit te voer na byna 50 jaar se werk daar nie.

Die National Museum of Antiquities in Leiden het gesë die Egiptiese owerhede het hulle beskuldig van die “vervalsing” van geskiedenis deur die vertoning van swart kunstenaars wat Beyoncé, Nas en Miles Davis insluit. Die museum het hulle teleurstelling oor die verbod uitgespreek en gesê die Egiptenare se argument is ongegrond en hulle het nie eens die uitstalling gesien nie.

Die uitstalling se doel is om te demonstreer hoe antieke Egipte en Nubië “vir meer as 70 jaar ‘n bron van inspirasie is vir kunstenaars wat van Afrika afkomstig is”.

Daar is foto’s en video’s van Beyoncé en Rihanna, aangetrek as koningin Nefertiti, ‘n standbeeld van Nas geinspireer deur koning Toetankamen se goue doodsmasker en verskeie uitrustings en liedjies wat deur Egipte geïnspireer is.

Die Egiptiese media het verslag gedoen oor die uitstalling, wat Egiptenare ontstel het, omdat dit die “Afrosentriese teorie ondersteun en geskiedenis vervals”.

Dit volg net weke na ‘n nuwe dokumentêr uitgereik is waarin koningin Cleopatra as ‘n swart vrou uitgebeeld word terwyl sy eintlik Grieks was. Die owerhede het die dokumentêr gekritiseer as ‘n “vervalsing van die geskiedenis”.

Bronne: BBC, Arab News, The Times, Daily Mail

Lees ook: Egiptiese prokureur dagvaar Netflix oor swart vrou as Cleopatra