Lees ook: Johannesburgse burgemeester na hospitaal
Die man wat glo adjunk-balju Michelle Emelda Jones doodgeskiet het omdat sy en haar lewensmaat sy ouma se huis gekoop het, is die week borg geweier.
Jones, wat ‘n adjunk-balju in Mbombela was, en haar lewensmaat Julio Cohen, ‘n parapleeg, het ‘n huis in Nelsville, Mbombela gekoop en sou in Oktober intrek.
Hulle het op 18 Oktober gegaan om die slotte te verander, maar die kleinseun van die vorige eienaar was steeds daar en het hulle glo gedreig.
Jones en Cohen is na die polisie, wat aanbeveel het hulle moet ‘n beskermingsbevel by die plaaslike landdroshof kry. Die dag voor die beskermingsbevel aan Herny Dlamini gestuur kon word, is op hulle geskiet terwyl hulle by ‘n inkopiesentrum vir ‘n vriend gewag het.
Jones is oorlede en Cohen is gewond. Dlamini is drie later in hegtenis geneem na hy homself aan die polisie oorhandig het.
Hy is borg geweier en het hom tot die Mpumalanga-hooggeregshof gewend, wat sy borgaansoek geweier het “omdat dit nie in die beste belang van geregtigheid is nie”.
Bronne: IOL, News24, VN Explorer
Lees ook: Johannesburgse burgemeester na hospitaal



