Pasgebore baba verlate in Noord-Kaap gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pasgebore baba toegedraai in komberse is Woensdag 7 Junie 2023 omstreeks 05:00 verlate in Olifantshoek in die Noord-Kaap gevind.

Shepherd Mines, raadslid van Gamagara- plaaslike munisipaliteit in Kathu wat in Olifantshoek woon, het ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak waarin hy sê dat die babaseun naby ‘n huis gelaat is.

Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerde,r sê Olifantshoek-polisie ondersoek ‘n saak van kinderverlating en versoek hulp om die ma van die baba op te spoor.

Die kleinding is huilend in ‘n erf in die Olifantshoek-plakkerskamp gevind. Die baba het ‘n mediese ondersoek ondergaan, waarna hy in ‘n plek van veiligheid geplaas is.

Enigiemand met inligting kan speur.konst. Rhofhiwa Tshivhule by 082 302 0395 kontak. Alternatiewelik kan ‘n SMS na 32211 gestuur word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.

Mines het versoek dat enigiemand wat weet wie die baba se ma is met die polisie in kontak moet kom.

Sy plasing, wat minstens 1 600 keer gedeel is, het baie kommentaar uitgelok.

Hy het verder versoek dat daar geen geldelike bydrae vir die baba aanvaar word nie, maar wel baba-items geskenk word.

Lees sy plasings hier:

“Goeie more gemeenskap van Olifantshoek.

Iemand het vanoggend geboorte gegee en die baba gelos naby ant Tassie se huis.
Die baba lewe nog…..

Enige persoon wat informasie het wie die ma kan wees kontak asb die polisie🙏🙏🙏

— feeling sad in Olifantshoek.”

Die tweede plasing lees soos volg:

“Baie dankie vir die vele mense wat uitgereik het na my om te help na my post van vanoggend oor die baba..

As u graag wil help met n bydrae soos bv n kombersie, nappies of baba items wat u nie weer gebruik skenk dit gerus.

Dis n seuntjie.

Geen kontant bydrae sal aanvaar word……

Kontak asb vir Ester op 073 407 3145.

Ek doen n beroep op almal dat ons nie te hastig moet wees om die meisie te oordeel tot ons alle feite het🙏

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.