Lees ook: Polisie vra hulp om vermiste man op te spoor
Die Johannesburgse burgemeester Kabelo Gwamanda van Al Jama-ah is gehospitaliseer na hy gister tydens die debat oor sy stadsrede siek geraak het.
’n Woordvoerder in sy kantoor het gesê Gwamanda was klaar die oggend siek maar het teen mediese advies steeds aan die debat deelgeneem.
Hy het tydens die debat sieker geword en moes verskoon word om na ’n hospitaal geneem te word.
Intussen het ActionSA ’n mosie van wantroue teen Gwamanda geloods na ’n Carte Blanche-program waarin beweer is Gwamanda het mense met ’n begrafnisskema bedrieg.
Bronne: The Citizen, EWN, Daily Maverick, ECR



