‘n Babaseun van vier maande wat Dinsdag 6 Junie 2023 buite sy familiewoning in Dobsonville, Soweto, Gauteng, ontvoer is, is veilig met sy familie herenig.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie se teen-ontvoeringtaakspan het binne 24 uur daarin geslaag om die baba terug te kry.
Die ontvoering is dadelik aan die polisie rapporteer wat ‘n soektog met verskeie rolspeler-eenhede geloods het.
Nie net is die baba gevind nie, maar die verdagtes verantwoordelik vir die ontvoering in hegtenis geneem, nadat die soektog na die baba dieselfde aand van die ontvoering na ‘n Roodepoort-mynarea gelei het.
Die baba is na ‘n nabygeleë mediese sentrum geneem vir ondersoek en nadat gevind is dat hy in goeie gesondheid verkeer, is hy met sy ouers herenig.
‘n Mannnejag is sedertdien na die groep ontvoerders, wat daarin geslaag het om te vlug, geloods.
Enigiemand met inligting van die insident word versoek om die naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



