Tiener blaas R1.2 m van familie se geld op mobiele speletjies

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Johannesburgse burgemeester na hospitaal

‘n Tiener van die Henan-provinsie in China het in vier maande R1,2 m van haar familie se geld op mobiele speletjies geblaas.

Die tiener het die geld uit haar ma se bankrekening onttrek na sy die kode vir noodgevalle ontvang het.

Een van haar onderwysers het agtergekom sy bestee baie tyd op haar foon en het haar ma ingelig. Toe haar ma na haar bankbalans gaan kyk, het sy gesien sy het net R1.33 oor.

Haar pa het die tiener onder vier oë gespreek en sy het erken sy het R323 163 op speletjies uitgegee – R561 330 op aankope in die speletjies en R267 355 op speletjies vir 10 van haar klasmaats.

Sy het gesê sy weet niks van geld of waar dit vandaan kom nie, dus het sy ‘n debietkaart wat sy by die huis gekry het, gebruik.

Bronne: IOL, DFA, The Star

Lees ook: Johannesburgse burgemeester na hospitaal