Mannejag deur polisie ná taxibase in Mthatha geskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Egipte verban Nederlandse argeoloë oor uitstallings van Beyoncé en Rihanna as Nefertiti

Die polisie het ‘n mannejag van stapel gestuur ná twee taxibase in Mthatha doodgeskiet is.

Die polisie is gister gebel na ‘n wit Toyota-bakkie met twee insittendes in die hek van ‘n Bed and Breakfast in Slovo Park, Mthatha vasgery het.

Die twee insittendes het skietwonde aan hulle bolywe gehad en is op die toneel dood verklaar. Die insittendes is uitgeken as Masixole Gebengu (47) en Dumisani Bango (42). Hulle was lede van die plaaslike taxivereniging.

Dit is onbekend presies wat gebeur het, maar inwoners het glo gesê hulle het skote gehoor voor die bakkie van die pad af gery het.

Bronne: SAPS

Lees ook: Egipte verban Nederlandse argeoloë oor uitstallings van Beyoncé en Rihanna as Nefertiti