‘n Pa wat al jare lank veg om uit die tronk te kom nadat hy in 2012 vier keer lewenslank, plus 20 jaar, gevonnis is nadat hy skuldig bevind is van die verkragting van sy dogter, Megan, se mees onlangse aansoek is weer afgekeur.
Abrie Raaths is 7 dae gegee om te appeleer.
Megan het in Februarie verlede jaar aan Rapport erken sy was gebreinspoel en het oor die verkragting gejok. Sy het aan Rapport gesê haar pa is onskuldig en sy was vir die verhoor voorberei met ’n lys antwoorde wat sy soos ’n eksamen moes leer.
Abrie se eks-vrou, Zwanet Kühn, het die beskuldiging gemaak nadat sy ’n getekende prent van twee mense wat seks het in Megan se tas gekry het.
Sedertdien het Zwanet Megan, Megan se verloofde en Abrie se dood op sosiale media versin. Lees die artikel hier: “Ek wil haar gaan warm hou in daai yskas”
Die groep Justice for Raaths het op Facebook met skok gereageer op Abrie se aansoek wat weer misluk het. Die groep het die volgende op 7 April, 2023, geplaas:
“Ons het vandag met skok en verbasing verneem dat Abrie onsuksesvol was in sy ConCourt aansoek en die rede gegee was ‘no reasonable prospects of success‘. Abrie was 7 dae gegee om te ‘appeleer’.
“Die nuus was baie swaar geneem deur familie, vriende en ondersteuners, baie wie dit eers in ‘n sekere media publikasie moes lees voordat die regsverteenwoordiger by sy klient en familie persoonlik kon uitkom.
“Abrie en sy familie respekteer die hof se beslissing. Verder weet ons self niks meer nie, en is tans besig om in gesprek te tree met regsverteenwoordigers om opienies te bekom vir die pad voorentoe.
“Baie dankie vir julle ondersteuning en geduld. Ons hou julle op hoogte.”
Die bizar verhaal van ‘n egskeiding, ‘n pa wat sy kind verkrag het en dan ‘n ma wat haar eie dogter se dood vervals, het verlede jaar Suid-Afrikaners aan die praat gehad.
Lees die vorige berigte hier: Nuwe hoop in Abrie Raaths saak, Megan Raaths: ‘My pa het my nie verkrag nie’, Ma praat: ‘Ek het my kind se dood versin en haar selfdoodbrief geskryf’, ‘My pa het my nie verkrag nie’ – ouma glo haar, ‘Ek wil haar gaan warm hou in daai yskas’ – ma vervals dogter se selfdood, ‘My pa het my nie verkrag nie’ – ma versin dogter se dood en sê in brief hy hét.
FiND iT het uitgereik na Raaths se familie.



