Megan Raaths: ‘My pa het my nie verkrag nie’

Dit alles het begin toe haar ma, Zwanet Kuhn, ’n getekende prentjie van twee mense wat seks het, in haar tas gekry het.

“My pa is onskuldig in die tronk”

“My pa is onskuldig in die tronk”

PRETORIA. – Megan Raaths het op 20-jarige ouderdom haar na die media gewend in ‘n poging om haar pa, Abrie (Abram Willem) Raaths se onskuld te bewys.

Abrie is in 2012 vier keer lewenslank, met nog 20 jaar, tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is vir die verkragting van sy eie dogter, Megan. Megan was ten tye van die “misdaad” slegs nege jaar oud.

Megan vertel aan Rapport sy is gebreinspoel en weet nie meer wat om te doen om haar pa se onskuld te bewys nie. Sy het sonder haar pa grootgeword en sê hy het al haar belangrike oomblikke in haar lewe gemis.

Haar pa, Abrie Raath (46) is onskuldig lewenslank tronk toe gestuur nadat hy haar glo as negejarige verkrag het. Megan sê in vandag se Rapport sy was gebreinspoel en vir die verhoor voorberei deur ’n lys antwoorde wat sy soos ’n eksamen moes leer.

Megan het aan Rapport vertel alles het begin toe haar ma, Zwanet Kühn, ’n getekende prentjie van twee mense wat seks het, in haar tas gekry het. Megan het aan haar ma verduidelik die prentjie was dié van ’n klasmaat en sy is nie seker hoe dit is haar tas beland het nie.

Pa skei van ma, kinders verwyder

Abrie (Abram Willem) Raaths, Megan se pa, was in daardie stadium besig om van haar ma, Zwanet, te skei. Hy wou hê sy moet die saak met ‘n sielkundige bespreek.

Megan en haar ouer boetie is luidens Rapport toe uit haar pa se sorg verwyder. Beide het by hom gewoon.

Sielkundiges en maatskaplike werkers het hulle glo nie aan Megan gesteur toe sy verduidelik het die prentjie was nie hare nie. Dit het gelei tot haar pa se skuldbevinding en hy is in 2012 tot vier keer lewenslank en nog twee keer tien jaar gevonnis. Lees die volledige berig in Rapport hier.

Voel skuldig, “hy is onskuldig”

Megan het Donderdag aan Rapport gesê sy het oorweldig gevoel en haar deur die grootmense laat lei. Megan het in 2012, voor haar pa se vonnisoplegging ’n verklaring afgelê wat haar pa se onskuld bevestig. Sy het ook in die hof getuig, maar die hof wou nie die nuwe weergawe aanvaar nie.

Abrie het twee keer sy vonnis geappèlleer, maar dit is Februarie vanjaar weer afgekeer.

Dit het intussen aan die lig gekom Megan se ma het vir vriende vertel Megan is in Junie verlede jaar tydens die inperking dood. Sy het volgens Zwanet selfmoord gepleeg.

Lees dié berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: