Dokter gebruik entstof ure voor dit verval – afgedank en aangekla

HOUSTON. – ’n Dokter van hier is afgedank en van diefstal aangekla omrede hy tien dosisse entstof, ure voor dit verval, aan sy vrou en ander pasiënte met ko-morbiditeite toegedien het.

HOUSTON. - ’n Dokter van hier is afgedank en van diefstal aangekla omrede hy tien dosisse entstof, ure voor dit verval, aan sy vrou en ander pasiënte met ko-morbiditeite toegedien het.

Dr. Hasan Gokal wat in ’n openbare hospitaal gewerk het, is afgedank en ’n saak van diefstal is teen hom gelê omrede hy glo nie die regte entstof maatreëls gevolg het nie. Foto: The New York Times

HOUSTON. – ’n Dokter van hier is afgedank en van diefstal aangekla omrede hy tien dosisse entstof, ure voor dit verval, aan sy vrou en ander pasiënte met ko-morbiditeite toegedien het.

Volgens All4Women staan die dokter nou bekend as die skurk wat entstowwe steel, alhoewel baie van die pasiënte wat hy ingespuit het vreemdelinge was en in elk geval in aanmerking vir die entstof sou kom. Tog voel sy prokureur hy het verantwoordelik opgetree en dat hy eintlik ‘n held is.

Dr. Hasan Gokal, wat in ’n openbare hospitaal gewerk het, is afgedank en ’n saak van diefstal is teen hom gelê omrede hy glo nie die regte entstofmaatreëls gevolg het nie.

Hy het net ’n paar uur gehad om te besluit wat om te doen

Dr. Gokal sê hy het net ’n paar ure gehad om te besluit wat om met die kosbare entstof te doen voor dit verval. Het hy nie gedoen wat hy het nie, sou hy die entstof moes weggooi en niemand sou voordeel trek daaruit nie.

Dr. Gokal sê hulle was beveel om die entstof eers vir gesondheidswerkers en bejaardes te gee en dit wat oor is, sou vir ander mense gebruik word.

’n Verpleegster het een aand in Desember ’n buisie oopgemaak om ’n pasiënt wat kwalifiseer in te spuit. Een buisie kan 12 mense inent. Dr. Gokal sê hy moes ’n besluit neem oor wat om met die res van die entstof te doen, omrede dit laat was en die kans dat nog mense sou inkom vir die entstof skraal was. Die entstof het ’n lewenstydperk van ses ure nadat dit oopgemaak is. Hy sê hy het ’n openbare gesondheidsbeampte gekontak en van sy planne om 10 mense te kry om in te ent, vertel. Waarop die beampte met ’n “oukei” reageer het.

Almal wat dr. Gokal ingeënt het, kwalifiseer

Die dokter het sy 80-jarige skoonma wat demensie het, ingeënt, nog twee bejaarde vrouens, twee bejaarde bure met gesondheidsprobleme, sy skoonma se versorger, ’n vrou wie se kind van ’n ventilator afhanklik is, ’n kennis. Die laaste dosis het hy aan sy vrou gegee wat aan ‘n longsiekte ly, wat haar ‘n kandidaat vir die entstof gemaak het.

Hy sê hy het nie beplan om sy vrou in te ent nie, maar op kort kennisgewing was sy al mens wat hy nog in die hande kon kry.

Lees meer: Niemand sal gedwing word om entstof te neem nie, sê president (Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: