Radio-omroeper van Lesedi FM uit ICU, besig om te herstel

Niemand is al in hegtenis geneem nie en ’n saak van poging to moord is geopen.

VRYSTAAT. – Dimakatso Ratselane, ’n radio-omroeper van Lesedi FM, is uit die intensiewesorgeenheid nadat sy in ’n informele nedersetting net buite Bloemfontein met steekwonde gevind is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Ratselane en haar man het gery om hul kinders te gaan haal, waarna daar na bewering ’n woordewisseling ontstaan het.

Radio-omroeper van Lesedi FM met steekwonde

Ratselane is later deur lede van die gemeenskap in ’n informele nedersetting gevind. Volgens die polisie was sy in ’n kritieke toestand en kon as gevolg van haar beserings nie praat nie.

Sefora Ntombela, premier van die Vrystaat, het intussen mense gevra om nie foto’s van Ratselane, wat na die aanval van haar geneem is, te deel nie. Van dié foto’s is op Facebook gedeel en kan ontstellend wees.

Ratselane is gister uit die intensiewesorgeenheid ontslaan en operasies wat sy ondergaan het, het goed afgeloop. Volgens Sowetan Live kan Ratselane nou die polisie vertel wat daardie aand gebeur het. Niemand is al in hegtenis geneem nie en ’n saak van poging tot moord is geopen.

LEES OOK: ‘Derde vlaag moontlik Maart of Julie hier,’ sê professor

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: