February 25, 2021

Rebel Wilson: ‘Mense hanteer my anders na ek gewig verloor het’

Wilson het aan die tydskryf Prevention erken mense hanteer haar nou baie anders na sy 30 kg verloor het.

HOLLYWOOD. – Rebel Wilson, die bekende Pitch Perfect-ster, skok steeds mense op haar Instagram-profiel met haar “nuwe” lyf.

Wilson het aan die tydskryf Prevention erken mense hanteer haar nou baie anders na sy 30 kg verloor het. Wilson sê nou dat sy gesonder lyk en maerder is, bied mense aan om haar kruideniersware motor toe te dra. Sy sê mense bied ook aan om deure vir haar oop te maak.

Rebel Wilson se “Jaar van gesondheid”

Dié komediant het haar “Jaar van gesondheid” verlede jaar begin en gereeld haar resultate met haar aanhangers gedeel. Rebel het ook al openlik op Instagram gesê sy is ’n emosionele eter. Verder sê sy is is nie veel gepla oor die skaal nie, maar wil goed oor haarself voel.

LEES OOK: Baba nommer 12? Ja, sê ma wat geboorte gee aan elfde kind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: