February 25, 2021

Sal jy jou kind kan tuisonderrig gee?

Terwyl die skole in Suid-Afrika vandag heropen, kyk ons na bekendes en hul ervaring met tuisonderrig.

Terwyl die skole in Suid-Afrika vandag heropen, kyk ons na bekendes en hul ervaring met tuisonderrig. Foto: Pixabay

Terwyl die skole in Suid-Afrika vandag heropen, kyk ons na bekendes en hul ervaring met tuisonderrig. Die Covid-19-pandemie het talle ouers se siening oor hierdie tipe onderrig verander.

Volgens Bounty Parents sukkel baie van die volgende bekendes met die tuisonderrig van hul kinders, aangesien hulle nou die ouer en die onderwyser moet wees.

Kristen Bell, die TV-ster van The good place, het dié foto van haar op Instagram geplaas waar sy voor ’n skootrekenaar sit met ’n hond wat opgekrul in haar skoot lê, ’n kind wat styf teen haar sit en ’n ander kind wat letterlik bo-op haar sit. Die onderskrif van die foto is: “Tuisskool gaan goed.”

Foto: Bounty Parents

Reese Witherspoon, aktrise van Big little lies, sukkel om alles vanaf tuisonderrig tot van die huis af werk te balanseer.  Die 44-jarige het ’n plasing op Instagram waar sy buite besig is met ’n oproep op haar swaaistoel, toe haar jong seun bo-op die stoel klim en dit as ’n swaai gebruik. Witherspoon het die volgende onderskrif by die foto geplaas: “Kry rêrig hierdie tuisskoollewe reg. #Kanekjouterugbel?

Foto: Bounty Parents

Carrie Bickmore en haar man is tans besig om hul twee dogters en haar seun tuis te onderig. Sy sê: “Daar is oomblikke wat jou hart laat sing, pragtige oomblikke wat ons normaalweg nie sou kry nie, en oomblikke wat ongelooflik moeilik is.”

Langs ’n foto van ‘n klomp skryfbehoeftes wat oor ’n vloer versprei is, skryf sy: “Miskien die nasleep van ‘n tuisonderrigsessie.”

Foto: Bounty Parents

Drew Barrymore, ma van twee dogters, vyf en sewe jaar oud, sê sy het elke dag van tuisonderrig gehuil.

Foto: Bounty Parents

Ada Nicodemou het ’n foto geplaas waar haar jong seun sy skooluniform tuis dra in ’n poging om hom gefokus te hou.

Foto: Bounty Parents

Lees meer :Tradisionele genesers sê hulle het ’n kruiemiddel wat Covid-19 ‘genees'(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: