Tradisionele genesers het hulle eie geneesmiddel teen Covid-19 gemaak. Volgens IOL het die M5 Medigroep, ’n tradisionele genesersonderneming, aangekondig dat hulle daarin geslaag het om ’n mengsel van kruie te maak wat binne drie dae reeds merkwaardige herstel by pasiënte met die Covid-19-virus bewerkstellig het.
Die tradisionele genesers sê hulle het die mengsel op 100 verskillende mense getoets en hierdie mense kan self getuig hoe dit hul gesondheid verbeter het. Volgens Mogale Mogale, direkteur van die M5 Medigroep, het die mengsel vir ander siektes in hierdie pasiënte ook gehelp.
Mogale sê om hierdie rede is die mengsel na die Sefakho Makgatho-universiteit vir gesondheidswetenskappe geneem, om die effektiwiteit daarvan te toets, asook om te kyk vir enige newe-effekte.
Lees meer artikels hier.
“Almal wat hierdie mengsel geneem het, het teruggekom met positiewe terugvoering.”
Mogale sê dit belangrik is om elke moontlikheid te oorweeg, aangesien die land nie op wetenskaplikes alleen kan staatmaak om ‘n manier te vind om die pandemie te beëindig nie.



