Vrou gooi Duitse herdershond van balkon

Foto: Global News

FLORIDA. – ’n Vrou is aangekla van dieremishandeling nadat sy ’n Duitse herdershond vanaf die tweede verdieping van ’n motel afgegooi het.

Volgens Global News is die insident deur ’n polisiebeampte afgeneem. Die polisiebeamptes het gereageer op ’n klag van ’n vrou wat ’n skoonmaker aangeval het. Die vrou het ook gedreig om van die tweede verdieping af te spring.

Polisiebeamptes se reaksie was nie vinnig genoeg nie

Met aankoms het die beamptes aan die verdagte se deur geklop, maar sy wou eers nie oopmaak nie. Na ’n tyd het sy uitgestap met ’n Duitse herdershond aan ’n leiband. Sonder om ’n woord aan die beamptes te sê, tel sy die hond op en gooi hom oor die reling. Op die beeldmateriaal kan jy hoor hoe beamptes skree, maar ongelukkig was hulle reaksie nie vinnig genoeg om die vrou te keer nie.  Die polisiebeamptes het bevestig dat die hond op sy voete geland het en weggehardloop het. Omstanders het die hond gevang en onder beheer gekry. Die vrou is op die toneel gearresteer.

Veearts verwyder naald uit die hond se been

Die hond het geen beserings opgedoen van die val nie. Met verdere ondersoek en X-strale is dit wel bevind dat daar ’n naald in die hond se bobeen is. ’n Veearts het dit verwyder.

Polisiebeamptes het die hond ’n bynaam gegee, Miracle. ’n Vrou het reeds aangebied om die hond in pleegsorg te neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *