Jacob Roloff van Little People, Big World beweer dat hy gemolesteer is deur die vervaardiger van die werklikheidsreeks.
Die Roloff-familie is die oorspronklike sterre van die werklikheidsreeks wat in 2006 op TLC uitgesaai is. Volgens Global News is Jacob Roloff (23) die jongste van vier kinders. Roloff het in ’n plasing op Instagram beweer dat hy as kind deur die reeks se vervaardiger gemolesteer is. Roelof het die reeks in 2019 verlaat.
Hy sê dat hy tyd in stilte nodig gehad het om met wat hom gebeur het te verwerk. Verder skryf hy in sy verklaring dat hy gemanipuleer en gemolesteer is deur die vervaardiger van die reeks. Die vervaardiger het nog geen terugvoering oor die aantygings gegee nie.
TLC het gereageer en het gesê: “Ons is hartseer en bekommerd oor hierdie ernstige aantygings. TLC sal saam met die owerhede werk. Ons hooffokus bly om die Roloff-gesin in hierdie moeilike tyd te ondersteun.



