February 26, 2021

Meer as 100 motors betrokke in ongeluk op hoofweg

Meer as 14 ambulanse is na die ongeluksto eel ontbied wat 65 mense met beserings na hospitaal toe geneem het.

TEXAS. – Meer as 100 motors was aan die begin van die naweek in ’n enkele ongeluk wat ses mense se lewens geëis het, betrokke.

Meer as 14 ambulanse is na die ongelukstoneel ontbied wat 65 mense met beserings na hospitale toe geneem het. Volgens The Washington Post was die nooddienste bekommerd dat die mense wat vir ’n lang tyd in die motors vasgevang was hipotermie kon opdoen.

Meer as 100 motors en ses sterftes

Erge reën was waarskynlik die rede vir die ongeluk. Die gladde paaie hou ’n ernstige gevaar in vir mense wat reis.

Video’s oor die ongeluk wys erg beskadigde motors wat bo-op mekaar opgestapel is. Ander motors het soos onherkenbare stukke metaal gelyk. Sommige motors het reg van voor teen mekaar gebots, wat daarop dui dat motors uitgeswaai of beheer verloor het. Daar was motors en vragmotors betrokke.

LEES OOK: Boer in hegtenis na drie verdagtes tydens plaasaanval sterf

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: