Boer in hegtenis na drie verdagtes tydens plaasaanval sterf

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Boer is in hegtenis geneem nadat skote Donderdagoggend by sy huis op sy plaas 8 km buite Kroonstad afgevuur is en vier vermeende plaasrowers na bewering noodlottig gewond is.

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, sê nadat voorlopige ondersoeke op die toneel gedoen is, het die ondersoekspan ’n ander weergawe van die voorval ontdek as wat die klaer in die saak aanvanklik gegee het. 

Boer is in hegtenis geneem

“Na hierdie verwikkelinge moes die boer vir ondervraging geneem word, wat daartoe gelei het dat hy aangehou moes word terwyl die forensiese span vandag op die toneel gewerk het om meer bewyse in te samel,” sê Makhele.

Volgens Makhele is dit ’n standaardprosedure om ’n moordsaak te open as daar ’n vermoede ontstaan dat enige persoon die wet oortree het tydens die uitvoering van selfverdediging. Verdere ondersoeke, soos nadoodse ondersoeke, sal vasstel of sy aanklag van moord op die drie verdagtes kan lei tot ernstiger of minder ernstiger aanklagte.

Verskyn in die hof

Behalwe vir die dié drie slagoffers is nog drie verdagtes, twee mans en een vrou, in hegtenis geneem. Hulle drie staan tereg op aanklag van sameswering om ’n misdaad te pleeg.

Die boer en die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Plaasaanval in Kroonstad: boer vuur skote af, drie verdagtes dood

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.