Beweeg! Jou oefen-inspirasie vir vandag
Dit laat mens lekkerder slaap en dit verminder stres.

Beweeg! Jou oefen inspirasie vir vandag
Oefening is so goed vir jou! Of dit nou draf, stap, dans or toutrek is, oefening laat mens altyd beter voel. Dit laat mens lekkerder slaap en dit verminder stres.
Hier kyk ons nou ’n paar redes hoekom jy vandag jou liggaam moet beweeg:
- Versterk jou spiere;
- Verbeter stabiliteit, balans en koördinasie;
- Help spiergesondheid behou;
- Help digter bene bou;
- Maak jou bewus van jou liggaam;
- Hou jou brein gesond;
- Verbeter jou kardiorespiratoriese uithouvermoë;
- Verminder stres;
- Laat jou beter slaap.
Dit is meer as genoeg rede om vandag van die bank af op te staan.