Lekker soetkoffie-resep
Die kookwater kan ook met warm melk vervang word vir ekstra romerigheid.

Lekker soetkoffie resep
Hier is ’n vinnige en maklike manier om lekker soetkoffie te maak. Dit is niks buitengewoon nie, net lekker!
Bestanddele:
- 1 teelepel van jou gunstelingkitskoffie
- 1 teelepel poeiermelk
- jou gustelingversoeter
- melk
- 1 teelepel kondensmelk
LEES OOK: Koud gebroude koffie vir daardie warm dae
Metode:
- Voeg, koffie, versoeter, poeiermelk, melk en kondensmelk in jou koppie.
- Meng goed.
- Plaas dit in die mikrogolf vir 30 sekondes.
- Meng weer goed.
- Voeg kokende water by.
- Roer en geniet.
Die kookwater kan ook met warm melk vervang word vir ekstra romerigheid.