President Cyril Ramaphosa het vanaand in sy toespraak gesê ’n totaal van een miljoen entstowwe is vandag in Suid-Afrika ontvang. Hy bedank al die Suid-Afrikaners wat aan die proewe deelgeneem het.
Enstof in laboratorium getoets
Die entstof sal nou in Suid-Afrika in ’n laboratorium getoets word om te kyk of dit nie effektiwiteit tydens die reis van Indië na Suid-Afrika verloor het nie. Die entstof sal in drie fases aan mense toegedien word. Persone wat kwalifiseer om in een van die drie fases ingeënt te word, kan ’n afspraak met die inentingskantoor in hulle omgewing maak.
Kudde-immuniteit sal bereik word wanneer 60 miljoen mense ingeënt is. Die verspreiding van die virus sal dan ook onder beheer wees. Die president het dit vanaand beklemtoon niemand sal gedwing word om die entstof te neem nie. Hy sê niemand sal verbied word om binnelands te reis indien hulle nie die inenting geneem het nie. Die president moedig mense aan om nie vals nuus te versprei nie.



