Raak TikTok nou die platform vir aanlyn teistering?

Of jy nou tienduisend of eenduisend volgelinge op TikTok het, gaan nie ’n verskil maak as dit kom by boelies wat jou aanlyn aanval nie.

Vals profiele sonder ’n profielfoto

Baie inhoudskeppers op dié app praat openlik oor hoe moedeloos hulle raak oor mense wat hulle aanlyn teister. Meeste van hierdie boelies skep vals profiele sonder ’n profielfoto. Bekende inhoudskepper soos Celeste Loubser maak gereeld mense op die app bewus van boelies. TikTok het ook ’n video-effek gehad waarmee dit lyk asof woorde wat deur boelies gesê word op jou skerm verskyn.

Aanlyn boelies

Mense op die app word in die kommentaarafdeling van hulle video’s sleggesê oor hulle voorkoms, waar hulle bly, hoe hulle praat of oor dit wat hulle in die video doen. Aanlyn boelies gaan so ver as om deel te hê aan mense se regstreekse uitsendings en dan aanhoudend die persoon af te kraak.

Kan ly tot depressie

Nie almal is emosioneel sterk genoeg om hierdie tipe teistering te hanteer nie. Dit lei daar toe dat sekere mense hulle profiele permanent uitvee. In ander ernstige gevalle kan dit tot depressie lei. Praat met iemand indien jy aanlyn geboelie word. Rapporteer en blok onmiddellik ’n profiel wat jy vermoed vals is.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: