February 28, 2021

Drink jy graag groentee?

Foto: Pixabay

As jy dink aan groentee dan dink jy aan gesondheid. Gebruik jy groentee of oorweeg jy dit? Volgens Spoon University is daar verskeie manier om die tee lekkerder te maak.

Maak jou groentee lekkerder

  • Koop ’n hoë gehalte groentee wat geskik is vir jou. Verkies jy gegeurde groentee, die gewone groentee of een wat speserye bevat? Dit verskil van mens tot mens, maar belê in ’n tee wat jou sal lus maak om nog te drink.
  • Toets hoe lank jou tee moet trek. Hoe langer jy ’n sakkie tee in die kookwater los, hoe sterker raak dit. Groentee is geneig om bitter te raak as jy dit te lank in die water los. Jy moet self kyk hoe lank die teesakkie moet trek sodat jou groentee net reg vir jou is.
  • Gebruik ’n bietjie heuning in jou groentee as jy ’n soettand het, dan is dit steeds ’n gesonde drankie.
  • Gooi kruie by jou groentee. Kook ’n kaneelstokkie saam met die water wat jy vir die groentee gaan gebruik of gooi ’n kruisementblaar in die klaargemaakte tee en roer.
  • Meng jou teesakkies. Jy kry ook tee wat vrugtegeure het en jy kan dit saam met jou groentee maak wat dan vir jou ’n heel anderste smaak sal gee.
  • Geniet ’n skyfie suurlemoen by jou koppie groentee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: