Alkohol mag weer verkoop word

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het vandag die laagste aantal nuwe positiewe getalle sedert Desember aangemeld. Die aantal mense wat gehospitaliseer word neem ook af.

Die aangepaste vlak drie se reëls is soos volg verslap:

  • Die aandklokreël sal nou van 23:00 tot 04:00 wees.
  • Restaurante sal 22:00 sluit.
  • Kerkgeleenthede mag weer voortgaan. Die geleenthede mag nie meer as 50 mense binne en 100 buite huisves nie en die maatreëls moet nagekom word.
  • Restaurante en sjebeens mag drank deur die week vir verbruik op die perseel verkoop.
  • Parke en strande maak ook weer oop vir die publiek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: