‘n Bejaarde man van die Southgate-area, Phoenix, KZN se lewelose liggaam wat besig was om te ontbind, is oor die naweek in sy huis gevind.
KZN VIP Protection Services is deur bekommerde bure van die bejaarde in kennis gestel dat hulle hom nie in die hande kon kry nie.
By die adres is gevind dat die televisie aan is, maar die bejaarde het nie reageer nie.
Nadat die deur oopgebreek is, is sy liggaam in ‘n ontbinde toestand op die vloer aangetref.
SDie SAPD en KZN VIP-ambulansdienste is na die toneel ontbied.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



