Krampe laat bejaarde teen boom bots

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuurder (71) van ‘n Kia Picanto het Saterdag 8 April 2023 ongeveer 11:42 in Alhambra-rylaan, Mountview, Cordoba Gardens, KZN in ‘n boom vasgery toe sy beenkrampe gekry het toe sy wou parkeer.

Reaction Unit South Africa sê ‘n blou Picanto is met sy insittendes teen ‘n wal af waarna dit teen ‘n boom gebots het.

Getuies het RUSA gekontak vir hulp vir twee insittendes van die voertuig.

Die 71-jarige en haar passasier is ondersoek en daar is gevind hulle is nie beseer nie.

Die bestuurder het aan die beamptes op die toneel gesê sy was in die proses om te parkeer toe sy krampe in haar bene kry.

Sy kon nie die voertuig stop nie en is teen die wal af en in ‘n boom vas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel