‘Oorblywende geld sal aan organisasies oorbetaal word,’ sê Baba Malann se ouers na sy dood

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: KYK: Pleidooie vir baba Malann wat op masjiene is

Die ouers van Baba Malann wat breindood verklaar en aan masjiene gekoppel was voor sy dood, sê in ‘n verklaring wat op sosiale media gedeel is, dat alle persone wat geld geskenk het, dit weer kan terugkry.

Julia, Baba Malann se ma, sê in die verklaring sy wil aan almal wat vir Baba Malann gebid het en donasies gegee het, baie dankie sê.

“Hy is nie meer hier nie en ek wil hoor indien jy ‘n betaling in my persoonlike rekening gemaak het en dit wil terughê, stuur vir my ‘n boodskap met ‘n bewys van betaling, en ek betaal jou terug.”

Julia sê dan ook dat die geld wat oorbly aan Hemelse Pêrels, Devon en ander plekke wat kinders help, oorbetaal sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel