‘n Ma is dood en haar vyfjarige seun in die hospitaal opgeneem nadat die ma Maandagmiddag omstreeks 12:30 by die Niagara-waterval in Goat Island in die VSA ingespring het.
Volgens plaaslike owerhede is die seun met ‘n kopbesering na die Oishei-kinderhospitaal gevlieg.
Die voorval het tussen Terrapin Point en die Cave of the Winds plaasgevind. Die ma en seun is ongeveer 64 meter onder die reling gevind.
In ‘n persverklaring wat uitgereik is, sê polisie dat die seuntjie ‘n operasie moes ondergaan vir die besering aan sy kop, en dat hy in ‘n kritieke toestand bly.
Die voorval word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



