‘MSC en Kappityt, laat julle val waar hierdie volk julle gooi’ – Steve Hofmeyr se vertoning op MSC gekanselleer

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Gesinsmotor beland in Hennopsrivier

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr se seun, Devon Hofmeyr, het Maandag bevestig dat sy pa se vertonings vir die Kappityt Fees gekanselleer is.

Hofmeyr sê die passassiersboot-reisagentskap, MSC Cruises en die organiseerders van die Kappityt Fees, Lefra Produksies, “buig knieg vir die liberaal om Afrikaans en ons trots en verdediging van ons bestaan te probeer verniel”.

Hofmeyr sê dan ook hy hoop dat diegene wat kaartjies na die vertoning gekoop het, dit summier sal kanselleer.

“MSC en Kappityt, laat julle val waar hierdie volk julle gooi.”

Die rede vir die kansellasie van die vertoning is volgens Steve self, “sy opinie”. Hy sê in ‘n video op sy Facebookblad: “My oortreding daar is my opinie. Daar is geen kunstenaar in die wêreld wat sy opinie gevra word oor goeters voordat hy mag optree nie.”

Die fees self het nog geen aankondiging op sosiale media gemaak dat Hofmeyr se vertonings gekanselleer is nie. FiND iT het by MSC Cruises navraag gedoen, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

Baie Suid-Afrikaners en Steve Hofmeyr-ondersteuners is woedend oor die vertoning gekanselleer is en sê selfs dat hulle nooit weer op ‘n temaboot van MSC Cruises sal klim nie.

“Will never ever in my life support or go on a MSC Cruise!!! You are spineless and give in to minority pressure, which by the way is totally racist and discriminatory, banning our best South African artist Steve Hofmeyr from performing on your ship! ABSOLUTELY DEPLORABLE! SHOCKING,” skryf Suza-Marie Van Loggerenberg Kruger aan MSC Cruises op Facebook.

“Ek het net n vraag oor die dat julle vir Steve gekanseleer het oor sy politieke oortuigings. Dit is vir my wonderlik om te sien dat hoe ‘n demokrasie so eensydig en eenkantig is. Nou dat ons nie meer kan kanselleer nie, nou word die gedoen. Hierdie sal my heel laaste keer aan boord van julle skip wees. Julle gebruik kunstenaars om mense te lok en dan kanselleer julle hulle. Julle is n skande vir Demokrasie as n geheel en ek hoop mense sien hierdie boodskappe en maak hul besluite gebasseer op dit,” laat Morné Barnard van hom hoor.

Johan Sloet de Villiers meen egter dat MSC Sinfonia die regte besluit geneem het om Hofmeyr se vertonings te kanselleer. Hy het navraag gedoen oor Steve se optrede en die navraag het glo tot die kansellasie van die vertoning aanleiding gegee.

“Thank you for your support in our fight against prejudice and hate speech! Once again we managed to prevent Hofmeyr from forcing himself and his far rightwing propaganda on unsuspected people, this time the passengers on a MSC SINFONIA cruise. And he will NEVER be allowed back on board any MSC cruise world wide! Respect to MSC Cruises for their decision. It is a victory against racism and homophobia! The insults have of course started… 🤔

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel