Gesinsmotor beland in Hennopsrivier

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos

Drie gesinslede het Maandag in hulle gesinsmotor in die Hennopsrivier in Endlaan in Centurion beland.

Die Stad Tshwane sê van sy lede is Maandagmiddag omstreeks 17:45 na die toneel ontbied waar die gesinsmotor van ‘n laagwaterbrug afgery het.

Charles Mabaso, woordvoerder vir die Stad Tshwane se nooddienste, sê lede kon die gesinslede nie in die motor of op die toneel opspoor nie, maar kon later bevestig dat hulle na veiligheid kon swem.

Die motor is deur die rivier se water meegesleur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel