LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos
Die polisie in Durban het Maandag vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 41 en 51 jaar oud in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder, sê lede het inligting ontvang oor dwelms wat tussen Wentworth en Bluff vervoer word. Die polisie het ‘n voertuig, waarin twee verdagtes was, in Bluff voorgekeer en deursoek.
Die polisie het 4 kg heroïen gekonfiskeer.
Na verdere ondersoek het die polisie drie verdagtes vasgetrek en ook 2 kg heroïen by die verdagtes gekry.
Die waarde van die dwelms is ongeveer R545 000.
Die verdagtes verskyn vandag in die hof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



