Australiese seun sterf in Fidji

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie voetgangers raakgery in verskillende voorvalle in KZN

’n Agtjarige seun van Australië is in Fidji oorlede tydens ‘n vakansie saam met sy ouers.

Cairo Winitana en sy ouers was by die Club Wyndham Denarau Island Resort met vakansie toe dit tragies skeefgeloop het.

Cairo is verlede Donderdag leweloos naby ’n blomtuin by die hotel gevind. Hy is na die naaste hospitaal geneem, maar is dood verklaar. Daar word geglo hy het doodgeskok.

Die polisie is besig om die saak te ondersoek. Die hotel het gesê hulle sal hulle volle samewerking aan die polisie gee.

Bronne: BBC, The Star, Daily Mail

Lees ook: Vier in kritieke toestand na bysteke