Drie voetgangers raakgery in verskillende voorvalle in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: AKA se dood was sluipmoord, sê Fikile Mbalula

Drie voetgangers is Sondag in twee verskillende voorvalle in KwaZulu-Natal raakgery. Twee persone is oorlede en een is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

IPSS Medical Response-woordvoerder Dylan Meyrick het gesê dat twee persone in Groutville raakgery is. Een voetganger wou glo selfdood pleeg en ’n verbyganger het dit probeer stop. Albei is deur ’n motor getref. Die verbyganger is in kritieke toestand in die hospitaal en die ander persoon is oorlede.

In ’n aparte voorval is ’n voetganger tussen Merrivale en Midmar raakgery. Die voetganger is op die toneel oorlede en ses ander persone is beseer.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Junior Blou Bul-speler in hof vir moord op Ntokozo Xaba, laat vaar borgaansoek