Lees ook: Anele Tembe se ouers reik uit na AKA se familie
Die ANC se minister van vervoer, Fikile Mbalula, het gesê die kletsrymer AKA, Kiernan Forbes, is deur ’n sluipmoord vermoor.
Mbalula het tydens ’n mediaverklaring buite AKA se huis in Bryanston gesê hy glo AKA is deur ’n sluipmoordenaar vermoor en hy glo die polisie sal die moordenaars vang. Hy het ook bygevoeg dat hulle nie kan spekuleer nie.
AKA en sy voormalige bestuurder, Tebello “Tibz” Motsoane, is Vrydagaand in Durban deur onbekende gewapende mans doodgeskiet.
AKA se familie sal later vandeesweek aankondigings oor sy begrafnis en ’n gedenkdiens maak.
Bronne: eNCA, Briefly, SABC



