Lees ook: Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha
Kiernan Forbes, bekend as die kletsrymer AKA, is Vrydag saam sy vriend Tebello “Tibz” Motsoane deur onbekende mans in Durban doodgeskiet.
Kort daarna het die familie van Anele Tembe, sy oorlede verloofde, na sy ouers uitgereik om hulle medelye uit te spreek en vir ’n ontmoeting te vra.
Anele se pa, Moses Tembe, het gesê AKA se pa, Tony Forbes, het hom bedank vir sy boodskap en gesê dat hulle so gou as moontlik ‘n ontmoeting sal reël..
Anele was 22 toe sy byna twee jaar gelede na haar dood van die 10de vloer van ’n hotel in Kaapstad geval het nadat sy en AKA glo baklei het.
AKA se ouers het gevra dat die publiek hulle privaatheid respekteer en tyd gee om te rou.
Bronne: IOL, Nehanda Radio, Briefly
Lees ook: Vermiste man van KZN veilig gevind in Mumbai, Indië



