Vermiste man van KZN veilig gevind in Mumbai, Indië

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha

Die Suid-Afrikaanse toeris wat in Mumbai, Indië, as vermis aangemeld is, is na byna twee weke gevind.

Die Reaction Unit SA-woordvoerder, Prem Balram, het gesê hulle het Sondagoggend ’n oproep ontvang dat Dhramalingum Pillay (69) veilig gevind is. Daar is geen verdere inligting beskikbaar oor waar Pillay was nie.

Pillay was saam met sy 35-jarige dogter met vakansie toe hy op 31 Januarie by die lughawe in Indië verdwyn het terwyl hulle gewag het vir hulle vlug terug na Suid-Afrika. Sy dokumente was steeds in sy dogter se besit.

Sy neef het op 3 Februarie vir Rusa gekontak vir hulp nadat hulle hom nie kon opspoor nie, Pillay het glo ’n geskiedenis van demensie. Op 10 Februarie is ’n beloning aangebied vir inligting oor hom.

Bronne: IOL, Sowetan LIVE, VN Explorer

Lees ook: Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha