Massaskietery by partytjie in Kwazakhele, Gqeberha

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Agt dood in massaskietery by verjaardagpartytjie

Die polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, het gesê die Kwazakhele-polisie was op patrollie die naweek toe hulle deur ’n vrou voorgekeer is wat ’n skietery by ’n huis in Nomjilastraat rapporteer het.

Vier mense (drie vrouens en een man) is gedood en verskeie ander mense is gewond.

Die slagoffers was glo besig met ’n partytjie toe drie onbekende, gewapende mans hulle genader het en op almal begin skiet het. Die eienaar van die huis (28) is ook noodlottig getref.

Die motief vir die moorde is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Dit volg na ’n massaskietery by ’n verjaardagpartytjie aan die einde van Januarie in dieselfde buurt. Agt persone is gedood en drie is gewond.

Bronne: Sowetan LIVE, Briefly, IOL

Lees ook: Agt dood in massaskietery by verjaardagpartytjie