Agt mense is die naweek in die Oos-Kaap tydens ’n massaskietery by ’n verjaarsdagpartytjie oorlede.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder het twee onbekende gewapende mans die slagoffer se erf in Makandastraat in Kwazakhele binnegegaan en op die gaste by die partytjie begin skiet.
Die polisie is op soek na die verdagtes en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die identiteite van die slagoffers word nog vasgestel.
Bronne: IOL, The Citizen, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gerhard Ackerman na verwagting weer in hof na inhegtenisneming



