Liefdesreeks op FiND iT – deel jou liefde

Deel hierdie storie / Share this story

Is jy in ‘n gelukkige verhouding?

Ons wil in Februarie, tot en met Valentynsdag, elke dag ‘n paartjie se storie vertel. Kom ons bring die liefde terug dié Valentynsdag!

As jy ‘n gelukkige verhouding het, stuur vir ons ‘n e-pos aan [email protected] en ons stuur die vraelys vir jou aan. Jy is dalk net een van die paartjies wat gebruik word vir ons #liefdesmaand reeks.