Gerhard Ackerman sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn na sy inhegtenisneming die naweek.
Ackerman, wat onder andere van die bestuur van ’n kinderseksring beskuldig word, is weer in hegtenis geneem nadat hy versuim het om Donderdag by die hof op te daag. Ackerman is in hegtenis geneem nadat hy deur gemeenskapslede in Florida, Johannesburg, by ‘n winkelsentrum gewaar is.
Ackerman staan op 740 aanklagte tereg, insluitend verkragting, poging tog moord, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en mensehandel.
Ackerman moes Donderdag in die hof verskyn. Toe hy nie opdaag nie het die staatsaanklaer gevra dat sy borg opgeskort moet word. Volgens die NPA het die polisie by Ackerman se huis opgedaag en uitgevind hy het getrek en al sy besittings verkoop.
Ackerman is in 2021 vrygelaat op R6 000 borg op voorwaarde dat hy daagliks aan die naaste polisiestasie rapporteer.
Die NPA-woordvoerder het gesê Ackerman se saak sal voortgaan soos geskeduleer voor sy verdwyning.
Bronne: IOL, EWN, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat glo kinderseksring bestuur aangekla van poging tot moord



